Reviews
The Jo'burg Gini* - Sally Gaule
Sunday Sun Review
Citizen Review
The Star Review

Goue sirkelgang ontbloot
2009-09-23 07:31
Johan Myburg
The Jo’burg Gini – Sally Gaule
Thompson-galery, Johannesburg
Soos ’n mens die wisselende wolprys indertyd kon aflees uit die grootte van grafstene in klein Karoo-dorpies, takseer Sally Gaule die argitektuur van die Johannesburgse middestad.
Maar sonder om ’n duidelike grafiek weer te gee van opsigtelike welvaart en armoede, bloei sy beelde wat die Gini-koëffisiënt vergestalt.
Gini, ’n sleutelwoord in die titel van haar foto-uitstalling, is die maatstaf wat gebruik word om die ongelykheid van inkomste of welvaart te meet. En Johannesburg het op dié skaal ’n beduidende posisie.
Gaule lei die besoeker met haar noukeurig gekose foto’s van geboue in die finansiële middestadgedeelte na ’n blik op die sosiaal-ekonomiese gelaagdheid wat nog altyd deel was van dié stad van goud. Daar was nog altyd die super-rykes en die super-armes. Dié wat hope goud gevind en dié wat vrugteloos na goud bly soek het.
Die fasades wat Gaule aanbied, verraai kwalik meer as wat die kyker weet (of vermoed). Agter die fasade van Corner House in Commissionerstraat skuil deesdae byvoorbeeld elegante blyplekke.
Dit weet ’n mens. Maar daar is eweneens elegante fasades (met rye rame met gebreekte glas) waaragter ’n mens armoede vermoed. Op straatvlak is dié verhulde werklikheid nie leesbaar nie.
Gaule is as dosent en navorser aan Wits se argitektuurskool nie net vertroud met die stad se boutradisie nie; sy gee ook deurgaans blyke van argitektuur as die ruimte waarbinne handelinge plaasvind (om Diana Agrest se opmerking aan te haal).
Dié handelinge lees Gaule as ’n sirkelgang: Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. In sommige van die werke is dit die seisoene wat die siklus aandui. In ander is dit die spel tussen die formele en informele handel.
Die sirkelgang word skrikwekkend vergestalt in die twee groot werke op sy gedruk – die herwinning van mynhope wat op die randjie van inkalwe huiwer.
Gaule se uitstalling in digitale kleur en swart-wit analoog-fotografie bied foto’s met soveel meer as net prente van Johannesburg. Meer as net vindingryke komposisies.
The Jo’burg Gini lewer sosiale kommentaar – soveel minder blatant as wat ’n mens dikwels teëkom. Dis die werk van ’n fynproewer.
Tot 10 Oktober
Die Thompson-galery is by Derde Laan 78, Melville.
Navrae: 011 482 2039
Hot Earth- Jeannette Unite
Beeld
Unite woeker met oerstof uit aarde se skatkamers
Deur Bettie Lambrecht
Oct 22 2007
Dit kook magma, diamantstof, koper, goud, kobalt en yster-oksied wat in kleure en teks-ture ontplof. En dan in vuurwarm glasbeelde gesmelt of op houtvlakke gesmeer word. Dié uitstalling word as’t ware Jeanette Unite se loflied aan en/of klag teen die mynbedryf. Haar nuutste werke saam met die foto’s van mynbedrywighede in Namakwaland aan die Weskus en rondom Kimberley is ’n “eko-alchemiese installasie van glasbeeldhouwerke wat die Suid-Afrikaanse myngeskiedenis vier met die afval van mynhope, sand, metaaloksied en minerale”. Minerale wat mens en aarde deel maak van die oerstof – sand. Unite sien in materiale die gestolde geheue van mense se soektog na alles wat beloof word in die Land van Monomotapa, uit Simon van der Stel se tyd (1686) tot vandag. Materiaal wat die onstuimige werking versinnebeeld van kokende magma wat deur krake beur en minerale vir ontginning binne bereik van die mensehand stoot. Hierdie mensehand verleng in skagte wat diep in die aardkors in-boor en uitgryp. Soos gesuggereer in die skilderye waarop abstrakte patrone spoel, tesame met die glasbeelde en swart-wit houtskool-tekeninge van die mynskagte. In hierdie simbole van ingenieurs-krag lees ons die mens se vermoë om die aardkors te myn tot sy voordeel – nie sonder verliese nie. Ontginning met kragtige bore en stampers is ’n gewelddadige ingryp op die omgewing. Maar is dit nie gelyk aan die natuurlike geologiese prosesse diep in die maag van die aardbol nie? Dinamiet wat oopskiet en welvaart bring tesame met verwonding van die landskap; ’n vulkaniese ontploffing wat berg en see vorm en beskawings begrawe. Die kunstenaar se ambivalente houding jeens hierdie prosesse vertaal in ’n gelyktydige aanbod van ’n onbeteuelde ontploffing in kleure wat uitmekaar spat op die houtbord teenoor die strak vertikale of horisontale lyne wat die los dele van ’n skildery skei. Die wit laste tussen onderdele suggereer ook die reglynige wetenskap wat letterlik en figuurlik in die grondkors – in die oerelement – afboor. Hierdie teenstrydighede teken ’n verskriklike skoonheid. Wonde wat blomme word. Uit vuur en witte – dié uit die aarde en dié uit die glasmaker se oond – word skoonheid en pyn gebore.
Translation
(please note that the translation, as all translations, may differ slightly from the original)
It cooks magma! diamond dust, copper, gold and cobalt that explodes in colour and texture, which is then melted in red hot glass sculptures or layered onto wooden boards.
The exhibition reads as Unite’s praise song and/or lament about the mining industry. Her new works, along with the photographs of mining works in Namakwaland and Kimberley is an “eco-alchemical” installation of glass sculpture that celebrates the history of South African mining with its refuse of mine dumps, sand, metal oxide and minerals; minerals that unite people and the earth in its primeval sand.
Unite sees in the materials the compressed/ congealed memory of the search for everything that is promised in the land of Monomatapa, from the time of Simon van der Stel (1686) until today. Materials that represent the violent process of magma pushing through cracks in the earth’s surface to bring minerals within reach of the miner’s all too human hand. These hands extend into mining shafts that reach deep into the Earth’s crust to extract hidden riches (as suggested in the abstract patterns of the painting as well as the glass sculptures and the black and white charcoal drawings of the mineshafts). In these symbols of engineering power we read the human capacity to mine the earth to our advantage- but not without damage. Mining with powerful drills and jack hammers is a violent act against nature, but is it not similar to the geological processes that occur deep inside the belly of the earth? Dynamite damages and destroys yet brings about prosperity. The artist's ambivalence about these processes translate into an unbridled explosion of colour against the painted surface, in sharp contrast with the taut vertical and horizontal lines which separate the paintings into different panels. The white spaces between separate panels suggest a Newtonian science that drills, literally and figuratively, into the the primeval crust of the earth. From these contradictions an incredible beauty results. Wounds become flowers. From Fire and heat, that of the earth and the artist’s kiln, both pain and beauty is born.
The Sharp Exhibition
Beeld Plus
Thompson ‘n vars bries in kunsbuurt
Deur Bettie Lambrecht
21 June 2007
Die Thompson-galery wat ‘n decade of wat wat gelede in Melville se Derde Laan oopgemaak het en toe vir ‘n ruk Gordart geheet het, met Gordon Froud aan die stuur, is weer terug onder beheer van die eienaar, Sally Thompson (Gordart is nou by Derde Laan 72).
Sy kombineer speelsheiden ernsin perfekte verhoudings. Nie net tussen voorkoms en inhoud van die gallery nie. Ook tussen die twee tradisionele “aartsvyande” in die visuele kunste- beeldende kuns en kunshandwerk.
Waar die grense tussen die twee lankal teoreties afgebreek is en in groot kunshandwerk-tentoonstellings beslag gekry het, word die twee kunssoorte steeds afsonderlik tentoongestel. Kyk maar hoe skei die Standard Bank-galerydit in ‘n boonste en onderste gallery.
Die Thompson-galery se poging tot versmelting van die twee in een tentoonstelling met een sentrale tema staan du suit. Dis nie ‘n nuutjie in Jozi nie. Onthou nog vir Merely Mortal in Craighall Park? Ongelukkig het mortaliteit die einde gebring aan daardie heerlike wisselwerking tussen ontwerp, kunshandwerk en die beeldende kunste saam met kos, wyn en lekker kuieraande. Die Thompson –galery se toetrede is dus des te meer verblydend.
So elegant soos die huis-galery van buite lyk, so fyn is die aanbieding binne. Onder die oorkoepelende term Sharp (met sy meerduidige Engelse betekenis wat nie in die Afrikaanse “skerp” oordra nie), versag Thompson die oorvereenvoudigde definisie van kuns en kunshandwerk.
Die omskrywing van beeldende kuns as meer konseptueel en kunshandwerk as funksioneel, meer sintuiglik of meer behep met perfekte tegniek en boweal toegankliker, lyk weliswaar van pas. Maar Sharp verskerp jou gewaarwording vir die vloeibaarheid van die definisie. Die gebeur vanwee die tematiese kern waarom Sue Sellschop, die kuraton, en Thompson die tentoonsteling gebou het. Die gesigshoek, (sharp) dwing jou om metaforiese betekenis te lees ook in die rakupotte van Vulisango Ndwadwa; die hout gekerfde sitbank met kopperslande mensekop van Lucky Makamuse; die skerppuntige, mensgrootte aalwynblaarontwerpe in draad van Enoch Ngwenya en die muurbehangsel met krale werk en koperspeldjies van Jameson Maluleke. Nes in die haaitande en skerp oog van ‘n voelkop in die foto’s van Andrew Woodburn- hoewel hier dalk te letterlik, soos ook in sy naby-op-names van doringpunte, en derhalwe nie so skerp nie. Oook die enigmatiese swart-wit foto’s van aalwynblare deur Clinton Friedman speel met die dorings van die aalwynmeer veelduidig egter.
Hierdie tema loop verder uit in die punte van bokhorings wat mense-arms voorstel in Tamar Mason se beeldhouwerke. Hier le die fokus nie op letterlike skerpte nie, maar op die simboliese metamorphose tussen mens en dier. Die ontoereikendheid van die skerp bokhorings het ook verdure simboliese krag in die voorstellings. Dit kry ook boeiende dubbelsinnige betekenis as tekens van manlike viriliteit in die moeder-figuur.
Mason laat ook die materiaal deel word van die ander onuitgesproke tema, te wete die huwelik tussen kunshandwerk en kuns. Sy gebruik gebakte steenware-klei, normaalweg met die pottebakkerskuns geassosieer. Maar haar beelde is alles behalwe potte, al groei die vrouelywe ook uit kegelvormige potstrkture. So maak Mason klei en konsep een. Nes die manlike en vroulike (bokhoring en baarmoeder) die twee dimensies van menswees- aardseen vergeestelikte- versmelt.
Die tentoonstelling as geheel verkwik jou met die kinderlike naiwiteit van die volkskuns (aan die aardse kant) en die intellektuele ontginning van die argetipe (aan die vergeestelikte kant).
Die volronde moeder-argetipes van Mason is ambivalent. Desondanks die monsters wat hulle onthul, bring hulle meteens ook ‘n loflied aan die vrugbaarheid.
Dis in hierdie ambivalensie, wat sekere werk het en andere nie, wat mens die skeidslyn soek tussen kunshandwerk en kuns.
So bring hierdie tentoonstelling met sy oenskynlike vlooimark-verskeidenheid tegnieke en style, ten slotte groter insig in presies dit wat ons soek in ‘n werk wat as kunswerk, eerder as ornament, gelees wil word.
Die Thompson-galery in haar nuwe gewaad waai gewis ‘n kleurige bries in die kunsbuurt af.